Marvel Lions-trui een van 67 in sy kas

Rijan Van Der Watt, spog met 'n paar unieke rugbytruie in sy versameling soos ‘n Leeustrui van 1995 en sy nuwe Marvel Leeustrui.

Rijan van der Watt versamel rugbytruie. Hy het reeds 67, waarvan 34 Leeus- en Lions-truie is. Die res is van verskillende ander spanne en sluit ‘n paar uniekes in.

Die 22-jarige Rijan het onder andere ‘n Leeus-trui van 1995 en die nuwe Marvel-trui wat die Lions tydens hul plaaslike Super Rugby-wedstryde dra. Hy het ook ‘n Leeus-trui wat deur ‘n hele paar Leeus-spelers geteken is.

Rijan van der Watt het ‘n paar unieke truie in sy versameling soos sy nuwe Marvel Lions-trui waarmee hy graag spog. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die versameling het begin toe my pa my in 2011 na ‘n rugbywedstryd op Ellispark geneem het. Die Lions het teen die Chiefs gespeel en dit was ‘n wonderlike ervaring om by die stadion daarna te kyk. My pa het vir my daardie dag ‘n rugbytrui gekoop en dis toe ek besluit het om truie te begin versamel,” het Rijan vertel.

Hy het die afgelope agt jaar rugbytruie van verskeie spanne soos die Spingbokke, All Blacks en Pretoria Polisie by sy versameling gevoeg en dit word in ‘n spesiale kas in sy slaapkamer gebêre.

Hy beplan om van dié truie te laat raam, en al dra hy nie almal nie, heg hy steeds baie waarde daaraan.

Rijan van der Watt het ‘n paar unieke truie in sy versameling soos ‘n Leeus-trui van 1995 en sy nuwe Marvel Lions-trui waarmee hy graag spog. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die rede waarom ek ‘n Leeus-/ Lions-ondersteuner is en ‘n Marvel Lions-trui gekoop het, is dat die meeste van my familie ook lojaal teenoor die span is. Ek het grootgeword met ‘n liefde vir die spel en hoewel ek nie op skool self rugby gespeel het nie, het ek in 2018 vir die Randfontein Rugbyklub gespeel,” het hy gesê.

Rijan sien uit na die 2019 Super Rugby-reeks en gaan nie sommer die Lions-wedstryde in Gauteng misloop nie want hy wil met sy nuwe Marvel-trui daar gaan spog.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version