NewsSchools

Akademie ‘n prioriteit by Riebeeckrand

Hoërskool Riebeeckrand se top akademiese presteerders is tydens ‘n glansgeleentheid vereer en later met ‘n heerlike ontbyt by Mugg & Bean bederf.

Op 31 Januarie het Hoërskool Riebeeckrand aan hulle leerders erkenning gegee vir al hul harde werk gedurende 2018.

“Akademie is die hoogste prioriteit by Riebeeckrand. Leerders ontvang topgehalte onderrig en akademiese struikelblokke word oorkom deur ekstra klasse wat gratis aangebied word en die gebruik van toerusting soos visualiseerders, dataprojektors en interaktiewe witborde wat die onderrig-leerproses vergemaklik,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Hoëskool Riebeeckrand se Graad 8 tot 11 akademiese Top 5-leerders in Mugg & Bean waar hulle met ‘n heerlik ontbyt bederf is. Foto: ingestuur

Die akademiese prysuitdeling is ‘n glansgeleentheid waartydens leerders wat in 2018 in Graad 8 tot 11 was, sertifikate, balkies, erekleure, lourierkleure en trofeë ontvang het as beloning vir hul harde werk.

“Die grade se Akademiese Top 10 is ook tydens dié spoggeleentheid aangekondig. Die Akademiese Top 5-leerders van elke graad is op 1 Februarie verder bederf met ‘n heerlike ontbyt by Mugg & Bean. Riebeeckrand is baie trots op Franco Venter wat sy lourierkleure vir akademie ontvang het.”

Lourierkleure bestaan uit ‘n spesiale wit baadjie met ‘n goue draad, louriersakwapen en ‘n met goud geborduurde balkie wat die kategorieë noem waarin die prestasie gelewer is. Zené van der Merwe, ‘n Graad 9-leerder van 2018, is aangewys as die veelsydigste leerder van Graad 8 tot 11.

“Riebeeckrand se hoof en personeel is ontsettend trots op al die leerders – voluit vir Riebeeckrand!”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button