Local newsNews

Boeresport vir oud en jonk in Wilbotsdal

Fantasy Farmyard se boeresportpretdag vir die hele familie was propvol pret.

‘n Onvergeetlik lekker Boeresportdag is op Sondag, 24 Februarie by Fantasy Farmyard gehou.

Die eienaars, Dirk Loots en sy vrou, Kobie het dié opwindende dag met groot glybane, musiek en boeresport saam met Daleen Vorster van Star EventOvasion gereël.

Ockert de Beer sing ‘n country-treffer. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Dit was net ‘n proeflopie, maar ons sal dit definitief in die toekoms maandeliks aanbied,” het Dirk gesê.

Kobie het gesê dat die familiedag ‘n groot bring-en-braai vir die hele gemeenskap is.

“Randfonteiners bring hul eie vleis, en my pap en sous as bykos is altyd ‘n treffer. Die familiedag bied ‘n lekker wegkomkans vir die hele familie, want almal kan hulself geniet en Mamma hoef nie na die tyd op te ruim nie,” het Kobie gesê.

Die hoogtepunte van die dag was die boeresport, die braaivleisvure en die ‘open mic’. Randfonteiners wat nie langs die vure gesit het nie, het met groot entoesiasme aan die toutrek en sakresies deelgeneem en ander het die kollig gesteel en country-treffers oor die mikrofoon gesing.

Quntin Mylie in die toutrek. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Wat doen mens gewoonlik op ‘n Sondag na kerk in Randfontein? Jy lê net by jou huis rond. Met die pretdae wat gereeld gaan plaasvind, is almal meer as welkom om hul piekniekmandjie en swemklere in te pak en die middag hier deur te bring. Pappa kan ‘n bier drink en ‘n vleisie braai terwyl Mamma ‘n bietjie ontspan. Die jong klomp kan die glybane, die swembad en die speelarea geniet,” het Daleen gesê.

Hulle beplan ook binnekort ‘n neon-dans en ‘n Western-aand.

“Ons doel is om vermaak vir die hele familie te bied sodat almal net lekker kan ontspan,” het sy bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button