Local newsNews

Groot pret vir jongklomp by Randfontein Skou

Kinders kan uitsien na Buster & Bella asook Magonjatjie by vanjaar se Randfontein Skou.

Randfontein Skou is bedoel vir die hele familie en bied elke jaar groot vermaak vir die kleingoed aan.

Vanjaar is geen uitsondering nie en kinders kan uitsien na ‘n spesiale besoek van Buster & Bella asook Magonjatjie.

“Die groot KidZone-area en tent op die C-veld is die plek om te kom speel en baie pret te hê. Sien en beleef die mobiele dieretuin, mini-sirkusvertonings en hoelahoepel- en inkleurkompetisies. Daar gaan ook pret met fietse, speletjies, gesigverf en narre wees,” het Marcelle Mans, Skoukoördineerder gesê.

“Moenie die ‘battle of the mascots’ en die hondesirkusvertoning op Saterdag, 2 Maart in die Coca-Cola Arena op die C-veld misloop nie.”

Daar sal natuurlik ook die gewilde draairoomys, spookasem en pretritte op die mallemeule beskikbaar wees.

Toegang vir kinders jonger as ses jaar is gratis en dit sal kinders tussen ses en 12 jaar net R35 uit die sak jaag.

“Ons nooi al die kinders uit om hul ouers saam te bring en van 27 Februarie tot 3 Maart by die Lekkerste Kuierskou te kom kuier,” het Marcelle bygevoeg.

Vir meer inligting besoek Randfontien Skou se webblad by https://www.randfonteinshow.co.za of kontak die Skoukantoor by 011 412 2878/ 1562.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button