Gratis rookstaak-kliniek binnekort in R’fontein

Wil jy ophou rook? Die geheim lê in hulpmiddels soos die gratis rookstaak-kliniek wat van 11 tot 15 Maart by Kingfisherstraat 58 in Helikonpark aangebied word.

Waar dit jare gelede byna ‘n statussimbool vir beide geslagte was om rustig aan ‘n sigaret te teug, spoeg menige deesdae in die nuwe ‘rookvrye’ Suid-Afrika vuur in die rigting van tabakverslaafdes.

Om op te hou rook is egter nie so maklik nie en daar is min dinge wat die rooklus werklik demp, hoewel raad volop is.

Die geheim lê in hulpmiddels soos die gratis rookstaak-kliniek wat van 11 tot 15 Maart by Kingfisherstraat 58 in Helikonpark aangebied word.

Die program wat tydens die kliniek aangebied gaan word, het al in die verlede suksesvolle strategieë gebied om rokers se lus-vir-rook-bevliegings in toom te hou en daarmee vol te hou. Rokers se hunkering na nikotien kry direk aandag en die program roem daarop dat dit al duisende mense gehelp het om die nare rookgewoonte te oorwin.

Vir meer inligting oor die geleentheid, skakel gerus 083 324 8912 of 082 494 6298.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version