Adonia Angels sprei hul vlerke

Adonia Angels, 'n plaaslike niewinsgewende organisasie vir minderbevoorregte bejaardes gaan in 2019 ook na Randfontein se kinders uitreik.

Adonia Angels se stigter, Corrie van Loggerenberg, het besluit om haar hart vir bejaardes én kinders oop te maak.

Haar projek vir minderbevoorregte bejaardes het nege jaar gelede begin en is vier jaar later as ‘n niewinsgewende organisasie geregistreer. Corrie het egter gevoel dat sy meer vir die gemeenskap kan doen deur ook na kinders uit te reik.

Adonia Angels se stigter, Corrie van Loggerenberg het besluit om in 2019 haar hart vir bejaardes én kinders oop te maak.

“Ek het ‘n baie sagte plek in my hart vir bejaardes wat hulself nie kan help nie, maar baie kinders leef ook in moeilike omstandighede waarvoor hulle nie gevra het nie. Ek wil graag ‘n verskil in hul lewens maak.”

Volgens Corrie is hulle afhanklik van skenkings, hoofsaaklik kos, klere en ander benodigdhede. Hulle vra nie die gemeenskap noodwendig net vir geld nie.

Adonia Angels se stigter, Corrie van Loggerenberg is ook ‘n geregistreerde Impaq-tutor en hoop om ten minste drie minderbevoorregte kinders te help om vanjaar Graad R te doen deur borge uit die gemeenskap te kry. Foto: Jaco-Mari Futcher

“‘n Ekstra blikkie kos of ou klere wat net in jou kas lê kan dalk ‘n groot verskil in iemand se lewe maak. Alles wat ek ontvang word in die gemeenskap uitgedeel en dit maak ‘n magie vol of ‘n lyfie warm. Daar is baie dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar maar wat vir ander mense baie sal beteken.”

Sy deel gereeld kos uit vir minderbevoorregtes en help mense in nood met meubels of babagoed. Haar nuwe plan met dié organisasie is om minderbevoorregte kinders in R’fontein se skole kos te gee. Haar grootste projek vir 2019 is ‘n talentkompetisie vir mense met gestremdhede.

“Elke persoon is gebore met ‘n Godgegewe talent en net omdat iemand gestremd is, beteken dit nie dat daardie persoon nie die kans gegun kan word om dit met die wêreld te deel nie. Dié kompetisie sal ook dien as ‘n fondsinsameling vir ‘n plaaslike sentrum vir gestremdes.”

Corrie se leuse vir vanjaar is ‘Pay it Forward’ en sy glo dat as sy drie mense se lewens kan verander en hulle weer op hul beurt elkeen drie mense se lewens verander, ‘n wye ondersteuningsnetwerk so sal ontwikkel. Sy is ook ‘n geregistreerde Impaq-tutor en hoop om minstens drie minderbevoorregte kinders te help om vanjaar Graad R te doen deur borge uit die gemeenskap te kry.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version