Leer ‘n Teiner Ken #100 – Roxann Stassen

Die Herald ontmoet die 100ste persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 19 Februarie het die Herald vir Roxann Stassen, die 100ste persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog in Greenhills ontmoet.

Sy is ‘n voormalige leerder van Hoërskool Riebeeckrand en ‘n oud-Rammie.

Roxann, 19, het in Randfontein grootgeword en hoewel haar gesin ‘n paar keer uit Randfontein getrek en weer teruggekom het, is haar wortels in dié dorp geanker.

“Dis ‘n baie lekker dorp en die gemeenskap het diep in my hart gekruip. Ek sal altyd na die dorp en sy mense terugkeer.”

Sy is op haar gelukkigste wanneer sy R’fonteiners kan mooimaak by Be Enchanted Salon in Homesteadlaan.

“Ek het ‘n groot passie vir haarkappery, maar ek geniet alle aspekte van skoonheid. Ek is ook gekwalifiseerd om te waks en ander mooimaakgoed te doen. Ek is nog ‘n student en studeer tussen my werk deur by Training and Progression House in Roodepoort.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version