#MunisipaleMaandag: Slaggate in Wheatlands is lewensgevaarlik

KYK: Pasop waar jy ry en loop! Slaggate voor Setholela Primary in Wheatlands hou gevaar in vir motoriste en voetgangers.

Die inwoners en skoolkinders van Wheatlands se lewens is daagliks in gevaar wanneer hulle die pad vol slaggate voor die Setholela Primary School aandurf.

Volgens Gerrie Meintjies, ‘n inwoner van Wheatlands, is die pad die afgelope jaar al ‘n probleem.

Volgens Gerrie Meintjies, ‘n inwoner van Wheatlands, is die pad voor Setholela Primary School die afgelope jaar al ‘n probleem. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Hier ry baie voertuie en trokke op die pad en smiddae wanneer die skool uitkom is dit nog gevaarliker want as gevolg van die slaggate moet bestuurders uitswaai en oor die sypaadjie ry waar die skoolkinders loop. In die aand of wanneer dit reën is die slaggate onsigbaar en ek moes al self ‘n band laat vervang nadat ek met my voertuig daarin beland het,” het hy gesê.

Hy het ook gesê dat die munisipaliteit gedurig die gate met grond vul, maar dat dit met die volgende reën alles weer wegspoel. Gerrie en talle ander inwoners het die munisipaliteit al oor die probleem probeer kontak, maar volgens Gerrie beantwoord niemand ooit die munisipaliteit se telefone nie.

Daar ry baie voertuie en trokke op die pad voor Setholela Primary School verby en smiddae wanneer die skool uitkom is dit nog gevaarliker want as gevolg van die slaggate moet bestuurders uitswaai en oor die sypaadjie ry waar die skoolkinders loop. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons is moeg daarvoor om skade aan ons voertuie reg te maak omdat hulle nie die dienste kan lewer waarvoor ons betaal nie,” het hy gesê. Buiten die slaggate het die meeste stoptekens in die area ook al voete gekry en die meeste mense ry eenvoudig oor die kruisings sonder om stil te hou.

Volgens Gerrie ervaar die inwoners ook gereeld kragonderbrekings. Hulle het byvoorbeeld verlede week vir twee dae geen elektrisiteit gehad nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version