Local newsNews

‘Kry weer hoop en ‘n lus vir die lewe’ – Susan aan R’fontein se vroue

Susan Coetzer, 'n bekende aktrise, skrywer, motiveringspreker en skilder het onlangs tydens 'n damesoggend Randfontein se vroue weer laat kans sien vir die lewe.

Met ‘n Christen-boodskap en humor het die bekende Susan Coetzer vir Randfontein se vroue onlangs weer laat kans sien vir die lewe.

Die aktrise, skrywer, motiveringspreker en skilder het op Saterdagoggend, 9 Februarie ‘n motiveringpraatjie oor ‘Bruistablette vir die lewe’ by AGS Middelvlei gelewer en Randfontein se vroue het met breë glimlagte en ‘n nuwe lus vir die lewe die funksie verlaat.

Susan Coetzer en Janine Ferreira, organiseerder van die funksie. Foto: Jaco-Mari Futcher.

Daar was ‘n hele aantal inspirerende vroue en Reinette Herbst, Mev Afrika 2019, het meer oor haar liefdadigheidsorganisasie en -projekte vertel voordat Tanya V, ‘n plaaslike sangeres die gehoor bekoor het.

“Mens begin gewoonlik die nuwe jaar vol lewe en energie, maar jy voel gou weer soos jou ou moedelose self. Daarom het mens soms ‘n bietjie motivering nodig,” het Janine Ferreira, organiseerder van die funksie gesê.

Die organiseerders het ook tydens die funksie skryfbehoeftes vir ‘n skool ingesamel. Foto: Jaco-Mari Futcher.

“Susan het beklemtoon dat ons meer bruis as brul in die lewe moet hê. Ons het almal geleer dat daar soveel meer in die lewe vir jou wag as jy bereid is om self ondersoek in te stel en te besluit om ’n positiewe lewe te lei. Die oggend was baie geseënd en ek glo elke vrou het iets uit God se hand ontvang,” het Janine gesê.

Een van die hoogtepunte was toe Susan elke vrou in die gehoor individueel met roosblare gesalf het.

Tanya V tydens haar optrede. Foto: Jaco-Mari Futcher.

“Ons het ook gevra dat mense skryfbehoeftes en enige boek saambring en hulle het hul harte oopgemaak en vir ons baie produkte gegee wat ons aan ‘n skool gaan skenk.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button