Local newsNews

#ThrowbackThursday – 13 Februarie 1987

Die Herald gaan ver terug na 13 Februarie 1987 vir hierdie week se #ThrowbackThursday.

Dis #ThrowbackThursday en die Herald kyk vandag na die nuusgebeure waaroor daar in sy 13 Februarie 1987-uitgawe berig is.

Inwoners van Vriendskaptuiste het gekla dat hulle deur hul kinders én die gemeenskap afgeskeep word.

Vervoer vir bejaardes was ook ‘n groot probleem in 1987. Die Herald het by Marlet Botha gaan aanklop om te hoor of die probleme steeds geld. Sy werk reeds 22 jaar by Vriendskaptuiste.

Ander interessante opskrifte in dié uitgawe:

In this edition residents of Friendship Haven complained that they were being neglected by their children and the community. Transport for the elderly was also a major problem in 1987.
Die Wes-Transvaalse Boksraad het die vorige week ‘n toernooi aangebied waartydens hul boksers met Polisie se boksers kragte gemeet het. Dit was ook die eerste keer dat kopskerms in die toernooi gedra is.
Pick ‘n Pay (destyds so gespel) het ‘n groot potjiekoskompetisie aangebied. Johan Botha se skaapnekpot was ‘n groot treffer.
Randfontein het ‘n donker naweek beleef toe vier inwoners grusaam in drie afsonderlike padongelukke gesterf het. Die slagoffers was die 16-jarige Kobie Jansen en Sheryl Spalding asook mnre Lubbe en Venter.
Daar was op 7 Maart 1987 ‘n groot Country Karnaval by Little Falls. Chales Jacobie, Matt Hurter en Hassan was van die talentvolle kunstenaars wat daar karnaval opgetree het.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button