Local newsNews

Prettige kar-en-hond-was-dag vir goeie doel

Dié prettige dag is onlangs deur Eagles Stoeiklub en die jeug van die Evangelies Gereformeerde Kerk Randfontein aangebied.

Die Eagles Stoeiklub het saam met die jeug van die Evangelies Gereformeerde Kerk (EG Kerk) Randfontein ‘n Kar-en-hond-was-dag aangebied om fondse vir ‘n goeie doel in te samel.

Die jongklomp het op Saterdag, 9 Februarie die dag by die kerkgronde aangebied. Van die jong manne het oral in die dorp die Kar-en-hond-was-dag met groot plakkate bemark.

Rian du Plessis, Aldrê Groenewald en Carl Barnard was kranige karwassers tydens die hond-en-kar-was-dag. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die EG Kerk se jeug wou graag geld vir hul bussiefonds insamel en die Eagles Stoeiklub wou fondse vir liefdadigheid

insamel. Daarom het hulle besluit om kragte saam te snoer en die prettige dag aan te bied,” het Riaan Groenewald van die stoeiklub gesê.

“Die stoeiklub se tema vir Februarie is ‘Love a Pet’ en daarom wil ons fondse en produkte vir die DBV insamel. Ons wil die gemeenskap bewus maak van die DBV se nood.”

Ricardo Scholtz was ‘n kar by die kar-en-hond-was-dag. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die dag was ‘n reuse sukses en R’fonteiners het in hul massas opgedaag en om hul karre in die kerk se parkeerterrein te laat was. Dit was groot pret om die honde te bad en die boereworsrolle was ‘n treffer.

“Dis altyd lekker as mens kan pret hê terwyl mens iets vir liefdadigheid doen,” het Riaan gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button