Local newsNews

Begraafplaasuitdaging uitgestel tot 16 Feb

NUWE DATUM: Weens die toestand van die Greenhills-begraafplaas daag Spot On Tuindienste die gemeenskap uit om hand by te sit om dit skoon te maak.

As gevolg van die reën op Saterdag, 2 Februarie moes Stefan Venter, ’n inwoner en eienaar van Spot On Tuindienste sy planne uitstel om die Greenhills Begraafplaas skoon te maak.

Spot On Tuindienste het die hele gemeenskap uitgedaag om daardie dag hand by te sit om die begraafplaas skoon te maak, maar dit sal nou eers op Saterdag, 16 Februarie gebeur.

“Die begraafplaas is in ‘n haglike toestand en niemand wil dit so sien nie. Dis regtig ‘n seer oog in Randfontein. Ek nooi almal wat kan help uit om hand by te sit,” het Stefan gesê.

Spot On Tuindiesnte het in 2018 die begraafplaas gedeeltelik skoongemaak, maar die span kon nie die hele perseel skoonmaak nie. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die Herald het op 11 Januarie weer berig dat die plaaslike en geliefde begraafplaas in ‘n tragiese toestand is. Stefan het in 2018 die begraafplaas gedeeltelik skoongemaak, maar sy span kon nie die hele perseel skoonmaak nie. Hy vra dus dat die gemeenskap asook ander tuindienste in Randfontein hom op Saterdag,16 Februarie van 7vm af sal kom help sodat die hele begraafplaas weer skoongemaak kan word.

Volgens Elize Venter, Stefan se vrou en regterhand met die projek sal hul nie toelaat dat die reën hulle weer keer nie.

“Ons sal dit op 16 Februarie doen, al reën dit. Ons weet nie wanneer ons weer ‘n geleentheid oor ‘n naweek gaan kry om dit te doen nie. Daarom het ons so veel as moontlik hande nodig,” het sy gesê.

Die Herald het al telkemale berig oor die tragiese toestand van die begraafplaas. Inwoners wat hul geliefdes daar begrawe het, het gepleit dat iemand help, maar die probleem is so groot dat die hele gemeenskap sal moet ingryp om die begraafplaas reg te ruk.

Vir meer inligting, skakel vir Stefan by 072 816 2906.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button