Local newsNews

Kom was jou kar én hond vir ‘n goeie doel

Moet nie die Kar-en-hond-was-dag vandag in Helikonpark misloop nie!

Kom geniet vandag – Saterdag, 9 Februarie – ‘n boereworsrol en was jou kar asook jou hond vir ‘n goeie doel in Helikonpark.

Van 9vm tot 1nm bied die jeug van die Evangelies Gereformeerde Kerk Randfontein ‘n Kar-en-hond-was-dag aan in Klekiewynstraat, Helikonpark. Dit word saam met Eagles Stoeiklub aangebied.

Alle fondse wat ingesamel word, is ten bate van die kerk se bussiefonds.

‘n Karwas sal jou R15 uit die sak jaag en dit gaan jou net R5 kos om jou beste vriend, jou geliefde hond, te laat was. Jy kan sommer ‘n lekker boereworsrol vir R25 koop en geniet terwyl jy die wassery dophou.

Die kerk se jeug is baie opgewonde oor die fondsinsameling en waardeer die gemeenskap se ondersteuning.

Vir meer inligting, skakel 011 693 2915.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button