MunicipalNews

Homelake-inwoners keelvol vir vullis langs spoor

Buiten die vullisstorting, is slaggate, lekkende waterpype en kabeldiefstal ook groot probleme in Fredalaan.

Inwoners van Homelake is raadop met die vullis wat in Fredalaan langs die treinspoor gestort word.

‘n Ontevrede inwoner, Piet Venter, het gesĂŞ dat diĂ© stuk munisipale grond ‘n seer oog is.

Daar is die afgelope jaar ook ‘n groot slaggat en ‘n lekkende waterpyp op die hoek van Fredalaan en Ewartweg.. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Dit is vir my so hartseer, want hierdie area was altyd so netjies. Mens kon trots wees op jou buurt, maar nou lyk dit soos ‘n stortingsterrein. As hier nie vullis gestort word nie, lek daar pype in die strate of kragkabels word gesteel. Die lang gras langs die treinspoor is die ideale wegkruipplek vir kriminele,” het hy gesĂŞ.

Volgens hom is die kabels op die hoek van Fredalaan en Ewerweg al vier keer in die afgelope vier weke gesteel.

“Dit het Maandagoggend, 4 Februarie die vierde keer gebeur. Die kabeldiewe klim in die bome op die sypaadjie om by die kabels uit te kom, maar die munisipaliteit laat ons nie toe om die bome self te snoei of te verwyder nie.”

Daar is die afgelope jaar ook ‘n groot slaggat en ‘n lekkende waterpyp op dieselfde hoek. Volgens Piet het hy die probleme al by die munisipaliteit en die raadslede van die area gerapporteer, maar niks gebeur nie.

Volgens Piet Venter is die kabels op die hoek van Fredalaan en Ewerweg al vier keer in die afgelope vier weke gesteel. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die area het net ‘n bietjie onderhoud nodig, dan sal dit weer mooi wees.”

Volgens Hein Fourie, wat ook in die buurt woon, werk die straatligte in Brianweg al vir ‘n geruime tyd glad nie. “Dis saans baie gevaarlik, veral as dit so donker is. Die hele area het probleme en niemand doen iets daaromtrent nie.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button