NewsSchools

Meer as 10 vorige leiers nou in Riebeeckrand

Twaalf Graad 8-leerders wat onlangs by Hoërskool Riebeeckrand aangesluit het was leiers by hul betrokke laerskole.

Hoërskool Riebeeckrand het vanjaar 12 Graad 8-leerders wat hoofleiers in hul onderskeie laerskole was.

“Riebeeckrand het verskeie platforms wat leerders die geleentheid gee om hul leierseienskappe te ontwikkel en uit te leef. Dit is lekker om leerders te ondersteun in hierdie ontwikkelingsproses.

Hiermee saam word daar ook vir hulle geleenthede gegee om self take uit te voer en ‘n verskil in die skool en die gemeenskap te maak,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Pieter Jordaan en Rick van den Berg was albei onderhoofseuns by Laerskool Rapportryer en Mickela Naudé was die onderhoofdogter.

Anri Graaff was Laerskool Randfontein se onderhoofdogter en Tebogo Tshiloane was Cornerstone Christian School se onderhoofdogter.

Voor is Oiefile Mpadisang, Onkarabile Tsikwe en Zoë Pieterse en agter is: Christiaan van Wijk en Omphile Mahupela. Foto ingestuur

Verder was Zoë Pieterse die hoofdogter by Laerskool West Gold Primary, en Therisano Mopeloa en Rio Goby was twee van hul uitvoerende lede. Omphile Mahupela en Oiefile Mpadisang was Avanté Primary School se hoofseun en -dogter.

Onkarabile Tsikwe was Laerskool Glenharvie Combined se hoofdogter en Christiaan van Wijk was Kameel Laerskool in Noordwes se hoofseun.

“Ons sien daarna uit om dié hoofleiers asook al die ander Graad 8-leerders se leiersvaardighede verder te vorm, te ontgin en te ontwikkel.”

Volgens Elzeri is dit voorwaar ‘n riem onder die hart om te sien hoe vinnig die Graad 8-leerders ingeskakel het.

“Hulle is deel van verskeie aktiwiteite by die skool en alreeds trotse Riebeeckranders. Graad 8’s, baie welkom by jul nuwe tuiste,” het sy bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button