Connie Mulder kry bakkie as geskenk

Vernon Woods, ’n gereelde borg van die Connies het ‘n Suzuki Super Carry aan die Sentrum geskenk om hul gesteelde bussie te vervang.

Nadat die Connie Mulder Sentrum se bussie einde verlede jaar gesteel is, het hulle hande in die hare gesit. Nou is hulle baie opgewonde oor die nuwe bakkie wat aan hulle geskenk is.

Vernon Woods, ’n gereelde borg van die Connies het op 4 Februarie ‘n Suzuki Super Carry aan die sentrum geskenk.

Buiten die Connie Mulder Sentrum se nuwe bakkie, het Vernon Woods in 2017 ’n Ryobi-trekkergrassnyer geskenk en in 2018 het hy al die toerusting in die sentrum se bakkery geskenk. Foto: Jaco-Mari Futcher

Volgens die Sentrum se hoof uitvoerende beampte, Gordon Henney is dit nie die eerste keer dat Vernon sy hart vir dié sentrum vir gestremdes oopmaak nie.

“Ons is so dankbaar vir al sy bydraes deur die jare. Hy het ‘n baie groot hart en hy is goed vir ons. Buiten die bakkie het hy in 2017 ’n Ryobi-trekkergrassnyer geskenk en in 2018 het hy al die toerusting in ons bakkery geskenk. Hy is ook jaarliks ‘n groot borg tydens ons gewilde bingo-aand,” het Gordon gesê.

Buiten die Connie Mulder Sentrum se nuwe bakkie, het Vernon Woods in 2017 ’n Ryobi-trekkergrassnyer geskenk en in 2018 het hy al die toerusting in die sentrum se bakkery geskenk. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Hierdie bakkie gaan baie nuttig wees want ons het altyd ‘n probleem met vervoer. Sy eerste skenking was ‘n tjek en van daar af het sy goedhartigheid net meer en meer geword.”

Vernon is ’n afgetrede R’fonteiner en hy is al sedert 2004 betrokke by die Connie Mulder Sentrum.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version