Graad 8’s sit Riebeeck se Poortloop-tradisie voort

Elke Graad 8-leerder, asook nuwe leerders en nuwe personeel van Hoërskool Riebeeckrand het op 25 Januarie die Poortloop gedoen.

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op hul pragtige tradisie van Poortloop.

Elke Graad 8-leerder, asook nuwe leerders en nuwe personeel van Riebeeckrand, stap na die afloop van die inburgeringsprogram en die groentjiekonsert deur die skool se Poort om as ‘n volwaardige Riebeeckrander ingeburger te word.

Trotse Riebeeckranders en dagbestuurlede Ziaan Sechel, Victor Basson, Dewald Harmse, Heinrich Gericke, Annelize van den Berg (skoolhoof), Melouise Mulder, Chriske Hechter, Danielle Olivier, Eztia Saunders en Amoné Erasmus voor die Poort. Foto: Ingestuur.

“Die Poort se hekke was op 25 Januarie deur die hoofseun en -dogter oopgesluit sodat die Graad 8-leerders, nuwe leerders en nuwe personeellede die poorthekke kon binnegaan. Elke leerder wat deur die Poort geloop het, se skoolbaadjie is vir hul aangetrek deur ‘n lid van die Seniorraad en het hul ook ‘n handdruk en ‘n sertifikaat vanaf die hoof en beheerliggaam ontvang,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, gesê.

Die Graad 8-leerders en hul ouers sal dié besondere gebeurtenis nie sommer vergeet nie, want die trane het gevloei en daar was van oor tot oor geglimlag.

Annelize van den Berg, skoolhoof, verwelkom vir Arlien Oudbier, ‘n Graad 8-leerder wat deur die Poort geloop het. Foto: Ingestuur.

“Oud-Riebeeckranders het op die skool se Facebookblad vertel hoe hulle hul Poortloopseremonie onthou en die spesiale herinneringe steeds koester. Sanna Mulder het geskryf: ‘So ‘n mooi tradisie, was self daar in 1966!’ en ‘Ek onthou toe ek in 2006 deur die Poort geloop het en in 2010 weer uitgeloop het. Dit was ‘n hartseer oomblik toe ek uitgestap het’, het Sjarne Mieny ook vertel.”

Elzeri het bygevoeg dat Riebeeckrand glo dat hierdie emosie-belaaide tradisie vir baie leerders (in die verlede en in die toekoms) wonderlike herinneringe inhou.

Dagbestuurlede Melouise Mulder, Heinrich Gericke, Amoné Erasmus, Chriske Hechter, Danielle Olivier, Eztia Saunders, Victor Basson, Dewald Harmse en Ziaan Sechel in die Poort se hek. Foto: Ingestuur.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version