MunicipalNews

W’aria-gat haal Kimberley in

Pasop! Kolossale gat in Westonaria kan al groot motors insluk.

‘n Groot gat het onlangs langs ’n besigheid in Van Der Bijlstraat in Westonaria ingeval en dit word by die dag groter.

Volgens Magda Vermaak, ’n werknemer by Timrite het die munisipaliteit nog geen antwoorde oor wat dit kon veroorsaak het nie en wat daaraan gedoen kan word.

Die gat word groter en die pad het reeds tot aan die anderkant gekraak. Dit is dus baie gevaarlik vir voertuie en veral vragmotors om hier te ry. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die munisipale werkers kom elke dag die dreine uitpomp, want hulle moes die watertoevoer afsny weens die gat. Dis baie moeilik om so besigheid te doen. Hulle weet egter nog nie wat die gat, wat soos ‘n sinkgat lyk, kon veroorsaak het nie. Ons soek antwoorde,” het sy gesê.

Die Herald het op 14 Januarie berig dat die straat gedeeltelik afgesper is as gevolg van die gat en die munisipaliteit gaan ’n pad langs die straat skraap sodat voertuie daar kan ry.

Die nuutste foto van die kolossale gat. Foto: Jaco-Mari Futcher.

“Die gat word groter en die pad het reeds tot aan die anderkant gekraak. Dit is dus baie gevaarlik vir voertuie en veral vragmotors om hier te ry,” het Magda bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button