Rappies spog nou met ‘n musiekskool

Laerskool Rapportryer het sy eie musiekskool – 'n eerste keer ooit!

Vir die eerste keer ooit spog Laerskool Rapportryer (Rappies) met sy eie musiekskool.

Dié musiekklasse wat daar aangebied word, is nie net vir Rappies-leerders nie, maar vir die hele gemeenskap.

Volgens Annelien du Plessis, departementshoof en musiekonderwyser van die Rapportryer Musiekskool, hoop hulle om ‘n kultuur van waardering vir dié vorm van kuns in die gemeenskap te kweek.

Carel Stoop, Rappies-hoof by Hesmarie de Klerk, ‘n musiekleerder en Thembelanie Luwaca, ‘n onderwyser by die nuwe musiekskool. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons nooi oud en jonk, Afrikaans- en Engelssprekendes uit om by die musiekskool aan te sluit. Ons wil die gemeenskap blootstel aan die kuns. Musiek gaan oor baie meer as net om instrumente te bespeel; dit is ook ‘n uitlaatklep en ‘n kommunikasiemiddel.”

Die klasse sal smiddae plaasvind sodat dit nie met leerders se akademiese bedrywighede inmeng nie. Daar is drie musiekonderwysers – Annelien, Thembelani Luwaca en Rayno Wagner. Annelien sal hoofsaaklik viool, tjello en sang aanbied, en Thembelani sal sang, klavier en teorie vir Engelssprekende musiekleerders aanbied. Rayno, ’n studenteonderwyser by Rappies, sal op Vrydaemiddae kitaarlesse gee.

“Ons beoog ook om binnekort ‘n musiekonderwyser aan te stel wat blaasinstrumente soos blokfluit, klarinet, trompet en skuiftrompet sal kan aanbied. Ons hoop om te groei en uit te brei soos die vraag in die gemeenskap groter word,” het sy gesê.

Annelien het ook gesê dat sy musiekleerders gaan aanmoedig om aan kunstefeeste soos Raca, Monument Kunstefees en Eisteddfods deel te neem.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version