Leer ‘n Teiner Ken #96 – Jesse Mc Farlane

Die Herald ontmoet die 96ste persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 22 Januarie het die Herald vir Jesse Mc Farlane, die 96ste persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog in Robinson ontmoet.

Jesse, wat in Randfontein gebore is, is waarlik ‘n R’fonteiner in murg en been. Hy is ook ‘n voormalige leerder van Hoërskool Riebeeckrand.

“Ek is baie lief vir die dorp en sy mense omdat almal altyd vriendelik is. Ek studeer tans in Potchefstroom, maar ek is gereeld by die huis,” het hy gesê.

Hy is ‘n groot sportentoesias en is besig met ‘n graad in Sportwetenskap aan die Noordwes-Universiteit. Wanneer hy nie studeer of tyd saam met sy familie deurbring nie, speel hy graag gholf by die Randfontein Gholfklub.

“Ek geniet dit om ‘n potjie gholf saam met my vriende te speel,” het Jesse bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version