MunicipalNews

Pasop waar jy loop! Mangate steeds ‘n gevaar

‘n Besigheidsman van Randgate het besluit om self iets omtrent die gevaarlike oop mangate in die dorp te doen.

Daar is verskeie oop mangate oral in R’fontein en ‘n besigheidsman van Randgate het besluit om betyds iets daaraan te doen voordat iemand seerkry.

Die deksels van minstens twee mangate in Uniestraat het onlangs verdwyn. Die Herald het verlede jaar berig dat dié deksels gesteel word om as skrootmetaal verkoop te word.

Allan Khumalo het droë takke in die oop mangat op die hoek van Unie- en Stegmannstraat gesit en bakstene om die gat gepak om te verhoed dat iemand daarin val. Hy besit die blommestalletjie op dié sy paadjie.

Die deksels van minstens twee mangate in Uniestraat het onlangs verdwyn. Die Herald het verlede jaar berig dat dié deksels gesteel word om as skrootmetaal verkoop te word. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ek was bekommerd oor die veiligheid van mense wat hier loop en ry. Ek het die takke en bakstene gebruik sodat mens ten minste die gat kan sien. Die mangat is al sedert 3 Januarie oop,” het hy gesê.

Allan het takke in nog ‘n mangat in dié straat gesit.

Ensie Nicholson, ‘n inwoner in die omgewing is baie dankbaar oor die gebaar. “Sy goedgesindheid kan dalk ‘n lewe red, want wat sal gebeur as ‘n kind daarin val of as iemand met ‘n fiets of ‘n motor daaroor ry?”

Matiam van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak het gevra dat enige iemand met inligting oor wat met dié deksels gebeur het, hom kontak by 084 411 2512. “Ons wil graag die dorp beveilig en ons kan dit nie sonder die gemeenskap se hulp doen nie. As enige iemand inligting het oor die mangatdeksels of straatligkabels wat in Randgate en Greenhills gesteel word, kan hulle ons te enige tyd laat weet.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button