Local newsNews

Kry motivering vir die nuwe jaar

Maak gereed vir 'n damesoggend saam met Susan Coetzer op 9 Februarie by AGS Middelvlei.

Mens begin gewoonlik die nuwe jaar vol lewe en energie, maar jy voel gou weer soos jou ou moedelose self. Daarom het mens soms ‘n bietjie motivering nodig.

Die bekende Susan Coetzer gaan om 9vm op Saterdag, 9 Februarie ‘n motiveringpraatjie oor ‘Bruistablette vir die lewe’ by AGS Middelvlei lewer. Dié gesellige oggend sal ‘n lus vir die lewe gee.

Reinette Herbst, Mev Afrika 2019 gaan ook deel wees van dié damesoggend en ‘n musiekgroep gaan optree.

Janine Ferreira, organiseerder van die funksie het gevra dat elke persoon skryfbehoeftes en enige boek saambring. Kaartjies kan direk by haar gekoop word en dit sluit ‘n ligte maaltyd in.

Vir meer inligting, skakel Janine by 071 536 5747.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button