Riebeeckrand se leiers vir 2019 is …

Hoërskool Riebeeckrand het hul Seniorraad vir 2018/2019 tydens ‘n spoggeleentheid ingehuldig.

Hoërskool Riebeeckrand het op Woensdag, 29 Augustus hul Seniorraad vir 2018/2019 tydens ‘n spoggeleentheid ingehuldig.

Die bestuurskomitee is ook aangekondig.

Voor is Heinrich Gericke en die hoofdogter Melouise Mulder en agter is Victor Basson, Criske Hechter en Dewald Harmse, Hoërskool Riebeeckrand se nuutverkose dagbestuur. Foto: Jaco-Mari Futcher

Riebeeckrand spog graag met hul uitvoerende bestuur vir 2018/ 19. Die hoofseun is Heinrich Gericke en die hoofdogter is Melouise Mulder. Die onderhoofseuns is Victor Basson en Dewald Harmse, en die onderhoofdogter is Criske Hechter. Amoné Erasmus, Danielle Olivier, Eztia Saunders en Ziaan Sechel maak deel uit van die uitvoerende komitee.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder is die hoofseun en hoofdogter baie trots om deel van hul spogskool te wees.

Voor is Heinrich Gericke en die hoofdogter Melouise Mulder en agter is Victor Basson, Criske Hechter en Dewald Harmse, Hoërskool Riebeeckrand se nuutverkose dagbestuur. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Heinrich en Melouise kan nie wag om hande te vat met die res van die dagbestuur en Seniorraad nie. Hulle wil die Riebeeckrand-familie se bande versterk en die leerders, ouers en ondersteuners ‘n onbreekbare eenheid maak,” het sy gesê.

“Herinneringe is ‘n groot fokuspunt vir die seniorraad, aangesien dit nooit vergaan nie en mens dit altyd kan koester. Die skool se leuse is ‘Geanker in geloof’. Hulle gaan die leuse uitleef deur hulle voete geanker te hou en hul oë op die Here te rig.

“Die Seniorraad van 2019 kan ook nie wag om die nuwe Graad 8-leerders te verwelkom nie. Hierdie besondere groep leiers gaan groot hoogtes bereik,” het Elzeri bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version