MunicipalNews

Greenhills-begraafplaas steeds in ‘tragiese toestand’

Hoekom kan niemand die begraafplaas in stand hou nie? – inwoners oor die agteruitgang van die Greenhills Begraafplaas.

Die Herald het al verskeie kere oor die haglike toestand van die Greenhills Begraafplaas berig en dit lyk of dinge net vererger.

Graspolle in die paadjies, kniehoogte onkruid en lekkende riool is aan die orde van die dag in die begraafplaas en inwoners is ontsteld dat hulle geliefdes die ewigheid daar moet deurbring.

Graspolle in die paadjies, kniehoogte onkruid en lekkende riool is aan die orde van die dag in die begraafplaas en inwoners is ontsteld dat hulle geliefdes die ewigheid daar moet deurbring. Foto: Jaco-Mari Futcher

Sarie en Gerrie Snooké het die Herald na hul familielede se grafte geneem wat onder onkruid toegegroei was. Gerrie het om sy pa en ander familielede se grafte skoongemaak, maar hy is omgekrap oor die begraafplaas se agteruitgang.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/randfontein-herald/268506/fotos-greenhills-begraafplaas-word-opgekikker/

“Dit is nie baie werk om die begraafplaas netjies te hou nie, want as die gras gesny is en die onkruid word uitgetrek sal dit reeds ‘n groot verbetering wees. Ek dink ‘n groot span mense sal dit binne ‘n week netjies kan maak. Plek-plek is die gras en onkruid hoër as die grafte en nie almal kan soos ek self hier kom skoonmaak nie. Daar loop selfs riool in van die paadjies af,” het hy gesê.

Graspolle in die paadjies, kniehoogte onkruid en lekkende riool is aan die orde van die dag in die begraafplaas en inwoners is ontsteld dat hulle geliefdes die ewigheid daar moet deurbring.

Sy vrou Sarie loop met ‘n kruk na ‘n onlangse operasie en die gras is so dig dat sy glad nie tot by die grafte kan loop nie. “Ek loop baie moeilik en dis vir my onmoontlik om deur die bosse en die gras te loop. Boonop groei die gras oor die paadjies tussen die grafte ook, so mens kan nie oral ry nie.

“Hier sit altyd ‘n handjievol munisipale werkers by die huis by die ingang en ek het hulle gevra hoekom hulle nie skoonmaak nie. Hulle het gesê hulle pas net die grafte op. My vraag is hoekom kan niemand die begraafplaas in stand hou nie? Dit lyk asof dit jare laas skoongemaak is,” het sy gesê.

Volgens Sarie is dit ook baie gevaarlik vir vroue om alleen die grafte te kom besoek, want mens kan nie sien of daar iemand in die gras wegkruip is.

“In vergelyking met ander begraafplase aan die Wes-Rand lyk dié een tragies.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button