Local newsNews

‘n Voorsmakie van die 2019 Randfontein Skou

Organiseerders van die 2019 Randfontein Skou gee 'n voorsmakie van die dorp se grootste skouspel wat op 28 Februarie begin.

Skou-organiseerders sê die dorp kan uitsien na ‘n heerlike mengelmoes van vermaak by vanjaar se Skou.

Die 2019 Randfontein Skou sal vanjaar van Donderdag, 28 Februarie tot Sondag, 3 Maart by die Greenhills Stadion plaasvind.

ALSO READ: 

Show organisers set record straight

Die program is onlangs amptelik bekendgemaak en dit lyk so:

• Soos altyd skop die Skou Donderdagaand af met die gewilde Pom-pomkompetisie vir laer- en hoërskole. Die Ghoema-wenners Tussen Sterre sal as gaskunstenaars optree.

• RSG se Brekfis met Derrich-program word regstreeks vanuit die Skou se markiestent op Saterdag 2 Maart van 8vm tot 10vm uitgesaai. Kaartjies is teen R250 by die Skoukantoor beskikbaar en sluit skoutoegang, ontbyt, ‘n geskenksak en vermaak deur kunstenaars Fatman en Caroline Grace in.

Robbie Wessels. Foto ingestuur.

• Daar is ook ‘n splinternuwe Fiesta Kuiergat langs die markiestent waar skoubesoekers na al hul gunstelingkunstenaars kan luister terwyl daar heerlik gekuier en geëet word.

• Nog ‘n nuwe groot gebeurtenis by vanjaar se skou is die Jukebox Roadshow op Sondag, 3 Maart van 11vm tot 3nm met Pieter Koen en vriende Leah, Refentse, Dirk van der Westhuizen, Liezl Pieters, Lee Scott, Flooze en Irene-Louise van Wyk.

• Vanessa Goosen wat 16 jaar in ‘n Thaise tronk aangehou is weens dwelmhandel, is vanjaar se spreker by die Biddag vir Vroue op Vrydag, 1 Maart om 8vm. Toegang vir vroue is gratis tot 8vm.

Snotkop. Foto ingestuur.

• ‘n Eerste vir sportentoesiaste is die Sentraal Gauteng Stoeiproewe asook die WPC SA Bench Press nasionale kampioenskappe.

• Vir die troeteldierliefhebbers bied die DBV ‘n Dog Look-alike-kompetisie met groot pryse aan op Saterdag, 2 Maart. Verskeie hondevertonings word ook in die buitelugarena aangebied.

• Vrydagaand, 2 Maart word ‘n Vuurvertoning op die C-veld se buitelugarena deur Fire Desire Entertainment aangebied. Kom kyk hoe word daar met vuur gespeel.

• Die KidZone-kinderspeelarea word ook vanjaar opgetower met nuwe speletjies en vermaak. Kom kyk gerus na al die troeteldiertjies en na Tekkie Tax en sy vriende wat gaan kom kuier.

Roan Ash. Foto ingestuur.

Van Suid-Afrika se top kunstenaars tree ook vanjaar in die Spur Kuierskuur. Hulle is onder andere Francois van Coke, Robbie Wessels, Dillon Lerm, Ampie, Roan Ash, Jason Bradley, Lance James en lyndansers, Tussen Sterre, Dagdroom, DZL, Chane Valentine, Tanya V, die TeelepeltjiesKitaarkêrels en nog vele meer.

Op die Skou Hoofverhoog sal kunstenaar soos Snotkop, Theuns Jordaan, Ricus Nel, Fatman, Caroline Grace, AppelBasadi Marimba Groep en vir die kinders Buster & Bella en Magonjatjie optree.

Kom ondersteun al die verskillende stalletjies, bring jou vriende en familie en kom ontspan by die Lekkerste Kuierskou, die Randfontein Skou,” het Marcelle Mans, Skou-koördineerder gesê.

Vir meer inligting, kontak die Skoukantoor by 011 412 2878/1562 of stuur ‘n epos aan joy@randfonteininfo.co.za. Die volledige skouprogram en lys van verkoopspunte waar kaartjies teen afslag gekoop kan word, sal vanaf 18 Januarie op die webblad https://www.randfonteinshow.co.za wees.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button