Local newsNews

#WysheidWoensdag: Jou opsies as jy ‘n matriekvak druip

KYK: 'n Adjunkhoof van Hoërskool Riebeeckrand gee raad aan R'fonteiners wat 'n matriekvak moet herskryf of laat hermerk.

Op Vrydag, 4 Januarie het die matrieks van 2018 regoor die land hul uitslae gekry, maar ongelukkig is daar sommiges wat ‘n vak of twee gedruip het.

Die Herald het by Cassie van der Walt, adjunkhoof van Hoërskool Riebeeckrand gaan uitvind wat voormalige R’fontein-matrieks se opsies is indien hulle ‘n matriekvak moet herskryf of hul vraestelle wil laat hermerk.

“Mens moet nooit moed verloor as jy nie deur is nie. Vir dié wat een vak gedruip het, sal die beste opsie wees om vir dié vak te herregistreer en weer die eksamen te skryf. As jy slegs een of twee persent nodig het om te slaag of om ‘n onderskeiding te kry, kan jy jou vraestelle laat hermerk,” het hy gesê.

Dit is nie die einde van die wêreld om nie met die eerste probeerslag matriek te slaag nie. Volgens Cassie kan die Departement van Onderwys se Gauteng-Wes Distrikskantoor in Nartjielaan, Greenhills jou deur die regte prosesse help om jou welverdiende matrieksertifikaat uiteindelik te kry. Skakel hulle by 011 693 3681.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button