Hier is hulle, Rappies se Graad 1’s vir 2019

Die eerste skooldag van Laerskool Rapportryer se Graad 1's op 9 Januarie was 'n baie emosionele dag vir ouers en leerders.

Emosionele ouers en hul kinders het op die eerste skooldag van die nuwe jaar op Woensdag, 9 Januarie die ‘grootskool’ by Laerskool Rapportryer (Rappies) aangepak.

Hoewel baie nuwe Graad 1’s opgewonde is oor dié nuwe avontuur, is baie ander leerders en ouers oorweldig deur die groot aanpassing.

Japie en Monique Porter steel ‘n soen by Nathan Porter.

Volgens Roleen Oliver, skoolwoordvoerder, is die nuwe Graad 1’s en hul ouers gedurende die eerste saalopening van die jaar verwelkom.

“Die ouers en die leerders het die saalopening saam bygewoon waar leerders ook gehoor het in watter klasse hulle ingedeel is. Daarna is die ouers huis en werk toe en die My eerste Skooldag-foto’s van die leerders is geneem voordat die harde werk in die klasse begin het,” het sy gesê.

Chanté van der Westhuizen.
Vriendinne Martie Kruger en Ingrid Kruger.
Theadri Blignaut en Marlizan van Staden.
Chanté van der Westhuizen.
Chrizette Cilliers.
Elzaan en Lenélda Schoeman.
Brandon Erasmus.
Martin Jacobs en Keegan van Loggerenberg.
Anike en Gerda Gagiano.
Xander Vorster en Matthew du Toit.
Anike Gagiano.
Chanté van der Westhuizen.
Marilisha Doubell saam met haar ma, Alisha. Foto ingestuur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version