Local newsNews

Vleikop se Country-mark ‘n treffer

Die Country Mark bring die hele gemeenskap bymekaar om lekker te kuier en Geloftedag te vier.

Die eerste Country-mark in Vleikop het ontstaan uit die idee om Geloftedag te vier en om families bymekaar te bring.

Karen Botha, die organiseerder het gesê dat sy besef het dat gesinne net by hul huise sit op Geloftedag en sy het besluit om dit te verander.

“In 2017 is die eerste pretdag hier gehou en verlede jaar het ons op die country-tema besluit. Die eerste Vleikop Country-mark het op Saterdag, 15 Desember op Plot 138 plaasgevind.

Ons het dit weer gereël oor die naweek waarin Geloftedag geval het, en die hele gemeenskap het saamgestaan om die dag ‘n reuse sukses te maak ten spyte van die reën,” het sy gesê.

Lenie Callitz en Odrialle de Lange het lekker saam gekuier tydens die Country-mark. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die hele plotgemeenskap het dié dag saam geniet. Daar was lekker kosstalletjies en mense het van vroeg af saam gekuier. Die dag se program het ‘n potjiekoskompetisie, boeresport en ‘n besoek van Kersvader ingesluit, maar weens die onweer in die middag kon dit nie plaasvind nie.

Ondanks die reën het kinders steeds hul Kerskouse gekry. Daar was ook ‘n Mnr en Mej Country-kompetisie en ‘n gelukstrekking vir ‘n rivierbootrit vroeër die dag.

“Ons beplan om meer gereeld sulke funksies op die plot te hou, maar daar sal elke naweek rondom Geloftedag ‘n fees wees, want dis vir my belangrik dat die gemeenskap weet waaroor Geloftedag gaan. Ons leer en verbeter elke jaar en vanjaar sal ons voorsorg tref indien dit sou reën,” het Karen gesê.

Ondanks die reën het kinders steeds hul Kerskouse gekry. Foto: Jaco-Mari Futcher

Verskeie sangers sou optree, maar weens die onweer het slegs Theresa, Juanru Jay en Jaycee die funksie bygewoon. Karen het gesê dat die gemeenskap steeds dankbaar is vir elke druppel reën, al het dit ‘n stokkie voor hul planne gesteek.

“Die hele gemeenskap het hand bygesit en die grootste borge en helpers vir die dag was Roy Harris Eiendomme, Group Five en verskeie individue op die plotte.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button