NewsSchools

VIDEO: Rosemarie Kahn Graad 1’s reg vir grootskool

Die Herald het 'n draai gemaak by Rosemarie Kahn se Gaad 1’s van 2019 om uit te vind waarna hul die meeste uitsien in hul eerste skooljaar.

Die begin van die nuwe jaar beteken dat baie kinders vir die eerste keer skool toe gaan.

Die Herald het ‘n draai gemaak by Rosemarie Kahn se Gaad 1’s van 2019 om uit te vind waarna hulle die meeste uitsien in hul eerste skooljaar.

Kyk hier:

Die jongklomp is sommer baie entoesiasties oor die nuwe uitdaging en sien om verskeie redes na die grootskool uit. Sommiges is bly om weer saam met hul ouers broers of susters in die skool te wees, of om nuwe maats te maak.

Kaylynn Hauptfleish.

Daar is ook groot opwinding oor die nuwe sportgeleenthede en die slimkoppe is gereed om agter die boeke in te spring. Ander Graad 1’s sien bloot uit na ’n nuwe skooluniform en om elke dag iets by die snoepie te koop.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button