VIDEO: Riebeeckrand-matrieks opgewonde oor nuwe skooljaar

Hoërskool Riebeeckrand se matrieks van 2019 is reg vir die nuwe skooljaar.

Die nuwe jaar het uiteindelik aangebreek en dit beteken dat 2019 die laaste skooljaar vir talle hoërskoolleerders sal wees.

Die Herald het by Hoërkool Riebeeckrand gaan kuier om uit te vind waarna vanjaar se matrieks uitsien.

Kyk hier:

Melouise Mulder, Hoërskool Riebeeckrand se hoofdogter vir 2019 sien daarna uit om dié jaar vir die laaste keer in die skool se eerstenetbalspan te speel.

“Ek sien ook baie uit na die matriekafskeid, want dit is elke meisie se droom om mooi te lyk op hul spesiale aand,” het sy gesê.

Heinrich Gericke, Riebeeckrand se hoofseun vir 2019.

Heinrich Gericke, Riebeeckrand se hoofseun vir 2019 sien veral daarna uit om die nuwe Graad 8’s te verwelkom.

“Ek wil graag dié jaar ’n verskil in die skool maak.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version