NewsSchools

VIDEO: ’n Lewe na matriek (Jannas)

Hoërskool Jan Viljoen se matrieks van 2018 is reg om die grootmenswêreld te betree.

Die nuwe jaar het uiteindelik aangebreek en dit beteken dat R’fontein se matriekleerders binnekort die werksplek gaan betree of gaan studeer.

Die Herald het by Hoërkool Jan Viljoen (Jannas) gaan kuier om uit te vind wat die 2018-matrieks se toekomsplanne inhou.

Kyk hier:

 

Ashley Cowan, voormalige matriekleerder by Hoërskool Jan Viljoen sien uit na nuwe uitdagings wat die grootmenswêreld gaan inhou. “Ek sien daarna uit om by Tuks te gaan studeer, want almal sê mos dis Tuks of niks,” het sy gesê.

Tiaan van Niekerk, voormalige Jannas-matriek, is opgewonde om die eerste treë te gee om ’n onafhanklike man te word.

Tiaan van Niekerk.

“Ek is baie opgewonde om ingenieurswese in Potchefstroom te gaan studeer. Ek glo my toekomsplanne gaan groot sukses bring.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button