NewsSchools

Toekies hou spoggerige matriekafskeid

Elke 2018-matriekleerder van Randfontein Sekondêre Skool in Toekomsrus het op 5 Desember soos 'n ster gelyk.

Die 2018-matrieks van Randfontein Sekondêre Skool in Toekomsrus het uitgehaal en gewys tydens hul matriekafskeid.

Die funksie is op 5 Desember by Usambara in Krugersdorp gehou, maar die jongmense het eers by die Engen-vulstasie in Toekomsrus met hul pragtige rokke en blink matriekafskeidkarre gespog.

Die 2018-matrieks van Randfontein Sekondêre Skool in Toekomsrus het uitgehaal en gewys tydens hul matriekafskeid. Foto: Jaco-Mari Futcher

Trotse ouers het foto’s geneem en vonkelwynglase geklink op die einde van hul kinders se skooloopbaan voordat hulle na die funksie vertrek het.

“Ons wou die matriekafskeid in Oktober gehou het, maar ons het besluit om dit tot na die eksamen uit te stel sodat matrieks motivering kan hê om te leer. Dit het ook die finansiële druk ‘n bietjie van die ouers afgehaal omdat hulle ‘n paar maande langer kon spaar vir die groot dag,” het Lee-Ann Pienaar, organiseerder van die matriekafskeid gesê.

Almal in Toekies het hand bygesit om die aand spesiaal te maak. Volgens Shervan Marais, mede-organiseerder sou die dag nie moontlik gewees het as lede van die gemeenskap soos Tennesee Fortuin, Peggy Johnson, Nicolette van der Merwe, Reagan McKay en Rona Hogins nie sommige leerders se uitgawes uit die goedheid van hul harte betaal het nie.

“Hulle het gesorg dat minderbevoorregte meisies se hare, naels en rokke perfek is vir die aand. Hulle het selfs ‘n paar mans met hulle pakke gehelp. Daar was ook baie anonieme borge,” het hy gesê.

Die aand het meer as net lekker dans en eet vir die matrieks ingehou. Allesandro Phillips is aangewys as Mnr Best Dressed en Kylah Fortuin is as Mej Best Dressed aangewys. Meagan Bergman en Dillan Witbooi is onderskeidelik as Mej en Mnr Persoonlikheid aangewys.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button