MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Toekies munisipale gebou steeds in puin

VIDEO: Twee jaar nadat die munisipale gebou in Toekomsrus tydens onrus afgebrand is, het die Randwes plaaslike munisipaliteit nog geen poging aangewend om die gebou reg te maak nie.

Toekomsrus se munisipale gebou is in 2016 tydens ‘n staking oor dienslewering afgebrand.

Volgens Donovan Cloete, DA PR-raadslid van Toekomsrus, het die versekering reeds drie maande na die voorval uitbetaal, maar die fondse is nooit gebruik om die gebou te herstel nie.

“Die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit het nog niks gedoen om die gebou te herstel nie. Meeste van die personeel wat hier gewerk het, is verplaas na Randfontein se munisipaliteit en alles staan nog net so.”

Die gemeenskap van Toekomsrus kla gereeld oor munisipale probleme waarop daar nie deur die munisipaliteit gereageer word nie. Buiten die vervalle gebou is daar ook ander probleme op die perseel soos rioolblokkasies en vullisstorting.

“Mens kan sommer die stank ruik van die drein wat hier langs die gebou oorloop. Die munisipaliteit doen ook niks aan dié saak nie,” het hy bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button