Feestelike Kerssang by Tambotie Mall

Die Carols by Candlelight by Tambotie Mall op 1 Desember het Randfonteiners behoorlik bekoor.

Samesang deur die gemeenskap het Tambotie Mall se parkeerarea gevul tydens die Carols by Candlelight-geleentheid op 1 Desember.

Dit was die eerste keer dat so iets by Tambotie Mall aangebied is. Dominee Edwin van Wyk van die NG Kerk het die geleentheid gereël, en ondersteuners en leraars van ander bedieninge soos Randfontein On Your Knees, Betesda Bedieninge en AGS Groen Weivelde het die Kerssang saam met die gemeenskap geniet.

Pastoor Hannes van der Merwe en sy groep het die gemeenskap tydens die Carols by Candlelight vermaak. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons het plaaslike kunstenaars soos Stephan Aucamp, pastoor Hannes van der Merwe en sy groep en Maryna Booysen gekry om die gemeenskap te vermaak. Daarna het die gemeenskap met groot opwinding Kersliedere soos O, die goeie tyding, Betlehem ster en Joy to the world, the Lord has come! gesing,” het Edwin gesê.

“Ons dien ‘n Verlosser, ‘n Koning wat uit liefde Sy lewe vir ons gegee het en ons kan nie anders as om hierdie liefde met ons medemens te deel nie, veral in die feestyd. Ek hoop almal het die aand geniet en lekker saam gesing,” het hy bygevoeg.

Nadine Scheepers het die gehoor tydens die Carols by Candlelight met haar stem bekoor. Foto: Jaco-Mari Futcher

R’fonteiners het in hul massas opgedaag met kussings en opvoustoele om die vrolike aand te geniet. Tydens die diens is daar vier bokse blikkieskos vir NG Welsyn ingesamel.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version