Local newsNews

Boesemvriende met oud-politikus

André Rossouw is bevriend oud-Randfonteiner dr Boy Geldenhuys wat al ‘n Suid-Afrikaanse ambassadeur, adjunkminister van Nasionale Gesondheid, Onderwys en Welsyn in die Volksraad en ‘n Lid van die Parlement was.

André Rossouw, ‘n bekende in Randfontein is goed bevriend met dr Boy Geldenhuys, Suid-Afrika se voormalige ambassadeur in Jordanië.

Wat min mense van Boy weet, is dat hy eens op ‘n tyd ook ‘n Randfonteiner was. Voordat hy ‘n Suid-Afrikaanse ambassadeur, adjunk-minister van Nasionale Gesondheid, Onderwys en Welsyn in die Volksraad en ‘n Lid van die Parlement geword het, was hy vir 11 jaar predikant by die NG Gemeente Randpoort. Hy was ook voorsitter van die Randfontein Rugbyklub in 1976.

“Ons het bevriend geraak deur die kerk én rugby. Selfs nadat hulle dekades gelede uit Randfontein getrek het, het hy gereeld hier gekuier. Hy was selfs vanjaar hier met sy ou gemeente se 100ste bestaansvieringe,” het André vertel.

Boy is getroud met Callie, en hulle het drie kinders. Callie is ‘n kunstenaar in murg en been. Haar skilderye vorm deel van private versamelings in verskeie lande. Callie en André se vrou, Thea is ook goeie vriendinne.

“Selfs toe hulle nog in Randfontein gewoon het, was Callie die toonbeeld van styl en vroulikheid. Sy is so ‘n aangename en interessante mens,” het Thea gesê.

Soort soek soort en nes Boy het André ook al diep spore in Randfontein getrap. André en Thea besit die Total-vulstasie in Randgate en hy was in die laat 1980’s en in die 1990’s vir twee termyne burgemeester van Randfontein.

Boy en Callie woon nou in Vishoek en kom maak gewoonlik ‘n draai in Randfontein wanneer hulle vir een van hul dogters aan die Wes-Rand kom kuier.

“Dis vir ons wonderlik dat hulle steeds aan ons Randfonteiners dink. Ek dink hulle mis soms die gemeenskap,” het André bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button