‘n Vroeë Kersfees vir bejaardes

'n Kerspartytjie was Multicharity se poging om oumas en oupas weer soos kinders te laat voel.

Bejaardes van Homelake en Randgate is op Woensdag, 28 November met ‘n lekker Kerspartytjie by Fantasy Farmyard bederf.

Die Multicharity-liefdadigheidswinkel het musiek gespeel, vleis gebraai en kompetisies gehou tydens die partytjie.

Bejaardes van Homelake en Randgate is op 28 November met ‘n lekker Kerspartytjie by Fantasy Farmyard bederf. Foto: Jaco-Mari Futcher

Buiten die smullekker kos en kompetisies het elke bejaarde ook ‘n inspirerende boek en ‘n sleutelhouer gekry.

Dié partytjie was Monica Lancellas, eienaar van Multicharity se poging om oumas en oupas weer soos kinders te laat voel.

Die Multicharity-liefdadigheidswinkel het musiek gespeel, vleis gebraai en kompetisies gehou tydens die partytjie. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons wou hê dat almal net van die lang jaar moes vergeet. Mens kan niemand op hul baadjie takseer nie, want al lyk dit dalk nie so nie, beleef sommiges dalk ‘n moeilike tyd. Mens kan behoeftig wees en steeds menswaardigheid hê. Met dié partyjie wou ons hê mense moes van alles vergeet.”

Die publiek het slaaie geskenk om die dag onvergeetlik te maak. Die bejaardes het lekker geëet, gedans en gesing.

Die Multicharity-liefdadigheidswinkel het musiek gespeel, vleis gebraai en kompetisies gehou tydens die partytjie. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ek en my man, Craig ken elke persoon wat die partytjie bygewoon het se unieke storie en ons het soveel omgee in ons harte vir hulle. Ons is bly dat hulle dit vir een dag so kon geniet,” het Monica gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version