Leer ‘n Teiner Ken #91 – Dewald du Plessis

Die Herald ontmoet die 91ste persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 27 November het die Herald vir Dewald du Plessis, 19, die 91ste persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog in Homelake ontmoet.

Hy is reeds meer as 12 jaar deel van dié gemeenskap en werk al drie jaar as ‘n sekuriteitswag. Hy werk tans vir Armor Shield, ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy, waar hy uit sy pad gaan om die buurt veilig te hou.

“Ek woon en werk in Homelake en ek sal nie op ‘n ander plek gaan woon nie, want die Randfonteiners is altyd baie vriendelik,” het hy gesê.

Hy is mal oor die buitelewe en is baie avontuurlustig.

“Ek geniet dit om vis te vang en om vleis saam met vriende te braai. Ek gebruik ook elke geleentheid wat ek kan om vierwielmotorfiets te ry, selfs wanneer dit reën.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version