#MunisipaleMaandag: Eikepark trek nuwe baadjie aan

Craig Harrison, DA-raadslid van dié wyk baklei al maande lank om die munisipaliteit sover te kry om die vullis tussen die bome in Eikepark te verwyder.

Die area rondom die pragtige eikebome in Eikepark was die afgelope paar maande ‘n seer oog in die gemeenskap, maar die munisipaliteit het dit onlangs begin skoonmaak.

Craig Harrison, DA-raadslid van dié wyk baklei al maande lank om die munisipaliteit sover te kry om die vullis tussen die bome in Eikepark te verwyder. Die vullis is onwettig daar gestort en volgens Craig is dit ‘n broeiplek vir misdaad.

Craig Harrison, DA-raadslid van Eikepark en Lucas Leping van die munisipaliteit is opgewonde oor die uitkoms van dié projek. Foto: Jaco-Mari Futcher

Verlede week het ‘n span van die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit uiteindelik die park begin skoonmaak.

“Nadat die park skoongemaak is, gaan dié span onder leiding van Lucas Leping van die munisipaliteit ook borde opsit om inwoners teen ontwettige vullisstorting te waarsku. Oortreders sal deur die Verkeersdepartement vervolg word,” het Craig gesê.

Volgens Craig is die dorp se vullisterrein ook onlangs skoongemaak en beveilig sodat inwoners hul vullis daar kan gaan weggooi in plaas van op plekke soos dié.

Op 18 September vanjaar het die Herald berig dat Craig en Jenifer Waterboer, ‘n inwoner van Eikepark groot planne vir die area het. Hulle wil dit ‘n veilige en gesellige plek maak waar inwoners kan ontspan. Die skoonmaak is die eerste stap om hul droom te bewaarheid.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version