NewsSchools

‘n Ware Ram-ambassadeur

Clerise Begg, wat onlangs aangewys is as 'n ware Ambassadeur van Laerskool Randfontein het die afgelope sewe jaar ongelooflik goed gevaar in kultuur en akademie.

Laerskool Randfontein (Ram) se prysuitdelingskomitee poog elke jaar om die nodige erkenning aan al die leerders te gee.

“Daarom is daar elke jaar aanpassings en nuwe verwikkelinge,” het Annie Nolan, skoolwoordvoerder gesê.

“Vanjaar is daar besluit om ‘n spesiale Ambassadeursbalkie in te stel. Die balkie word aan leerlinge gegee wat ware Ambassadeurs van Ram is. Ons hoof, Leon Haupt, het die voorreg om die balkie toe te ken aan leerlinge wat op alle gebiede en vlakke die skool se naam uitdra. Die balkie kan slegs een keer in ‘n leerling se laerskoolloopbaan toegeken word.

Ram se kultuurleerling van 2018, Clerise Begg. Foto: Ingestuur

“Die ontvanger van die Ambassadeursbalkie, Clerise Begg, se kultuur-CV is dié van ‘n hoogs begaafde en talentvolle jong mens.

“Almal van ons wens om ‘n goeie kunstenaar te wees en sy kry dit reg. Sy was vir al sewe haar laerskooljare die Kultuurleerling van die Jaar en het elke jaar Erekleure of Buitengewone Erekleure vir Kultuur verwerf. Die kersie op die koek is die feit dat sy al hierdie aktiwiteite in haar skoolbaadjie doen. Clerise is ‘n ongelooflike Kultuurleerling wat nie skaam is om haar talente ten toon te stel nie,” het Annie gesê.

Clerise fokus egter nie net op kultuur nie. Sy het van Graad 4 tot Graad 7 elke jaar ‘n gemiddeld van 90 per sent en hoër vir Akademie behaal en was vanjaar een van Ram se onderhoofdogters. Sy het reeds in 2017 die gesogte Lurex-baadjie vir Kultuur, Akademie en Leierskap verwerf.

“Laerskool Randfontein se hoof het besluit dat al haar ongelooflike prestasies van die afgelope sewe jaar, insluitend 2018, ‘n Ambassadeursbalkie verdien. Clerise het hierdie besonderse toekenning tydens die Kultuurprysuitdeling ontvang. Haar naam gaan ook op die Ererol in die skoolsaal geplaas word. Sy is ‘n ware Ambassadeur van Laerskool Randfontein,” het Annie bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button