Sionspoort se 17de Kersmark is hier

Vanjaar kan die gemeenskap uitsien na 'n feesnaweek met lekkernye, oulike handgemaakte geskenke en 'n optrede deur Natasha Joubert.

Vir die afgelope 17 jaar hou die Hervormde Kerk Sionspoort ’n baie gewilde Kersmark en vanjaar is geen uitsondering nie.

Die mark word vanjaar gehou op Vrydag, 30 November van 1nm tot 7nm, en Saterdag, 1 Desember van 9vm tot 2nm op die kerkterrein by Van Deventerstraat 93 in Randgate.

Volgens ds Johan van Staden, die gemeente se leraar, kan die Kersmark-ondersteuners weer eens uitsien na hoëkwaliteit handgemaakte geskenke wat teen baie bekostigbare pryse aangebied gaan word.

“Unieke geskenke vir die hele familie kan hier gevind word. Die gemeente hou terselfdertyd ook ’n basaar met al die tradisionele eetgoed, musiek, baie pret vir die kinders en ook ’n heerlike verrassing of twee,” het hy gesê.

Die gemeente sluit die feesnaweek af met ’n Kerssangdiens op Sondag, 2 Desember om 7nm, waartydens die gewilde Natasha Joubert saam met die gemeente se koor gaan optree.

Skakel 082 464 1547 vir meer inligting.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version