Rappies-leerders wen Santum Kinderkunskompetisie

Die wenners se kunswerke sal in 2019 op Santam se webwerf uitgestal word.

Laerskool Rapportryer (Rappies) se leerders stel nooit teleur nie want hulle is slim, sportief én kunstig.

“Rappies is baie trots op die ses leerders wat vanjaar aangewys is as wenners van die Santam Kinderkunskompetisie,” het Roleen Olivier, skoolwoordvoerder gesê.

Baie geluk aan Ru-Anne Jenkinson in Graad 4, Schalk Brits in Graad 5, Gianni de Lange in Graad 6 en Bianca Harmse, Dwayne Viviers en Amari Maré in Graad 7.

“Santam het hierdie jaar meer as 3 500 inskrywings vir dié kompetisie ontvang, wat dit ’n groot prestasie maak om as wenner aangewys te word,” het sy bygevoeg.

Die leerder het elke ‘n sertifikaat en ‘n medalje ontvang en hul kunswerke sal deel wees van die aanlynuitstalling op Santam se webwerf (https://www.santam.co.za) gedurende 2019.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version