MunicipalNews

AfriForum se Randfontein-tak snoei bome

'Toerusting is aan die munisipaliteit se elektriese afdeling verskaf en sal mettertyd sorg dat al die bome gesnoei word om verdere elektrisiteitsonderbrekings te verhoed'.

AfriForum se Randfontein-tak het verlede week bome gesnoei wat elektrisiteits­kabels versper het.

Volgens Matiam van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak vorm hierdie deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog wat daarop gemik is om probleme op dorpe self op te los.

Hy het bygevoeg die munisipaliteit het nie die nodige werkende toerusting om die bome in toom te hou nie.

Kabels raak in die takke verstrengel en dit veroorsaak elektrisiteitsonderbrekings sodra die wind waai.

“Die munisipaliteit het ons twee ure grasie gegee om die elektrisiteitstoevoer te onderbreek sodat skade aan die gemeenskap se bevrore goedere vermy kon word.

“Die Randfontein-tak het toerusting aan die munisipaliteit se elektriese afdeling verskaf tydens hierdie aksie en sal mettertyd sorg dat al die bome gesnoei word om verdere elektrisiteitsonderbrekings te verhoed.”

Die Randfontein-tak het toerusting aan die munisipaliteit se elektriese afdeling verskaf. Foto ingestuur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button