NewsSchools

Rappies se nuwe leiers vir 2019 is …

Die nuwe hoofleiers van Laerskool Rapportryer is gereed en opgewonde om die skool in 2019 te dien.

Laerskool Rapportryer se leiers vir die 2019-skooljaar is op Woensdag, 24 Oktober tydens ’n spoggeleentheid ingehuldig.

Volgens Roleen Olivier, skoolwoordvoerder is die tradisie waarvolgens die ouers die nuwe leiers se baadjies en leierbalkies aan hulle oorhandig dié dag voortgesit. Voormalige leiers het ook ’n kers aan die nuwe groep oorhandig wat simbolies is van die fakkel van diens wat tradisioneel aan die nuwe leiers oorgedra word.

“Die hoofleiers is ook tydens die geleentheid aangekondig. Die hoofseun vir 2019 is Johan Collins, hoofdogter is Almaré Joubert, onderhoofdogters is Ilse van der Westhuizen en Adele Horn, en die onderhoofseuns is Arno Denysschen en Pierré Badenhorst,” het sy gesê.

Die hoofseun en -dogter van 2018, Eben de Jager en Megan Coetzee het hul afskeidsboodskappe gelewer en almal bedank vir die afgelope jaar se harde werk en die suksesse wat behaal is. Die nuwe hoofleiers is gereed om die skool in hul termyn te dien.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button