NewsSchools

Riebeeckrand verwelkom nuwe adjunkhoof

Hannes Maartens, 'n voormalige-Riebeeckrander het aan die begin van die vierde kwartaal by sy alma mater aangesluit.

Hoërskool Riebeeckrand stel met trots hul nuwe adjunkhoof, Hannes Maartens aan Randfontein voor.

“Hannes het aan die begin van die vierde kwartaal by sy alma mater aangesluit en reeds diep spore getrap. Hy is self ‘n ouer van drie volwasse kinders en is reeds 30 jaar getroud met sy eggenoot, wat ook in die onderwys is,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Hannes wat in 1984 aan Hoërskool Riebeeck gematrikuleer het, het sy tersiêre kwalifikasies aan die destydse Normaalkollege in Pretoria en die Randse Afrikaanse Universiteit (UJ) behaal.

Na sy weermagopleiding het hy by Hoërskool Monument skoolgehou. Daarna was hy die hoof van onderwys en opleiding by Korrektiewe Dienste in Krugersdorp waarna hy sy horisonne vir 16 jaar in die privaatsektor verbreed het.

“Net na sy hertoetrede tot die onderwys is Hannes as adjunkhoof by Hoërskool Carletonville bevorder waar hy vyf jaar waarde tot die gemeenskap toegevoeg het. Buiten sy spesialiseringsvak, Ingenieursgrafika en Ontwerp, is sy passie om rugby af te rig.”

Hannes het baie moed vir die jeug van vandag. Sy wens vir elke leerder wat sy pad kruis, is dat hulle besef: ‘n gedissiplineerde lewe is nodig om die eise wat die lewe aan elkeen stel, te bemeester.

“Riebeeckrand wens Hannes ‘n vreugdevolle en geseënde onderwysloopbaan by hulle toe,” het Elzeri bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button