Leer ‘n Teiner Ken #87 – Lindie du Preez

Die Herald ontmoet die 87ste persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 30 Oktober het die Herald vir Lindie du Preez, die 87ste persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog ontmoet.

Lindie, 46, is ‘n maatskaplike werker by Life Esidimeni Life Recovery Sentrum en haar lewensdoelwit is om die gemeenskap te dien.

Sy kom oorspronklik van Krugersdorp af maar sy bevind haar tans in Randgate waar sy lief geword het vir die gemeenskap.

“Die mense hier is vriendelik en ek vind dat almal uitreik na mekaar. Hier weet jou buurvrou wie jy is en jy weet wie sy is. Randfontein is ‘n omgee-gemeenskap wat soms ook baie swaarkry.”

Lindie het drie passies in die lewe. “Eerstens wil ek mense help waar ek kan. My tweede passie is kuns. Ek versamel kuns en in my vrye tyd verf ek. My derde passie is diere, daarom het ek ook met ‘n katprojek by my werksplek begin,” het sy vertel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version