Riebeeckrand se sprokie-matriekafskeid binnekort op die kassie

Die matrikulante het heerlik gekuier, aan ‘n driegangmaaltyd gesmul en die aand omgedans terwyl die televisiespan van VIA kanaal 147 hulle verfilm het vir die program My Matriekafskeid.

Hoërskool Riebeeckrand se matrikulante het vroeg in Oktober hul matriekafskeid by Usambara gehou en drie gelukkige matrikulante is deur ‘n televisiespan verfilm.

“Die matrikulante het almal spoggerig gelyk en die toeskouers se asems weggeslaan. Dit was omtrent vir hulle ‘n Hollywood-ervaring met kameras wat flits en toeskouers wat hulle toejuig soos hulle arriveer en op die rooi tapyt die lokaal binnestap,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Sinkie Mlambo, aanbieder van My Matriekafskeid gesels met Lisa Huisman. Foto: Jaco-Mari Futcher

Drie van Riebeeckrand se dogters is deur die televisiespan van VIA kanaal 147 vir die program My Matriekafskeid verfilm.

“Die televisiespan was al vroegoggend besig met verfilming. Hulle het seker gemaak hulle vang elke liewe oomblik vas. Medematrikulante is ook deur die loop van die aand verfilm toe hulle die geleentheid gekry het om hul matriekafskeidervaring op kamera te deel.”

Die matrikulante het heerlik gekuier, aan ‘n driegangmaaltyd gesmul en die aand omgedans. Hoërskool Riebeeckrand se skoolhoof, Annelize van den Berg, het gesê Riebeeckrand het werklik die mooiste en stylvolste leerders en sy is baie trots op al die matrikulante.

“Daar word met groot afwagting uitgesien om op 19 November om 8.30nm na die uitsending van My Matriekafskeid op VIA te kyk waarin die drie pragtige Riebeeckranders gaan verskyn,” het Elzeri gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version