Groot makietie vir die verlore generasie

Al die fondse wat ingesamel word, is ten bate van Drying Tears Charity Foundation, Door of Care and Safety, en Lochvaal.

Die Verlore Generasie Fees wat vandag, 27 Oktober van 8vm tot 6nm plaasvind dien as ‘n fondsinsameling vir organisasies wat na wegooi- en weeskinders omsien.

Die fees word by Betesda Bedieninge in Robinson gehou. Daar gaan boeresport, go-karts, springkastele asook kosstalletjies wees.

Al die fondse wat ingesamel word is ten bate van Drying Tears Charity Foundation, Door of Care and Safety, en Lochvaal.

Die inisiatief het ontstaan met Drying Tears Charity Foundation wat bewusmaking skep en besighede en individue betrek om ondersteuning te bied en fondse beskikbaar te stel om die kinders van die verlore generasie te help.

‘Verlore generasie’ verwys na kinders en babas wat geen heenkome het nie en as weggooi- en weeskinders moet voortbestaan as gevolg van omstandighede buite hul beheer.

Vir meer inligting kontak Monica Beukes by 066 223 3887 of vir Catarina Heroldt by 074 418 8403.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version