NewsSchools

Jannas-revue: ‘n Terugblik oor 80 jaar

Ouers, leerders en voormalige Jannas-leerders het met heimwee aan die akteurs se lippe gehang.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het vanjaar weer ‘n revue gehou. Hierdie keer het hulle die horlosie teruggedraai en gaan kyk na die 80 jaar van die skool se bestaan.

Die storielyn was gebaseer op die lewe van die Viljoen-familie. Ouers, leerders en voormalige Jannas-leerders het met heimwee aan die akteurs se lippe gehang.

Oupa (gespeel deur Wesley van Niekerk) en Ouma (gespeel deur Jacorene Visser) is nes Jannas al 80 jaar oud. Foto: Jaco-Mari Futcher

Oupa (gespeel deur Wesley van Niekerk) en Ouma (gespeel deur Jacorene Visser) is net soos Jannas al 80 jaar oud. Hulle dink terug aan die tyd toe hulle Jannas-leerders was en die herinneringe wat hulle op die skoolterrein bymekaar gemaak het. Hulle seun (gespeel deur Waldo Horn) en sy vrou (gespeel deur Carmen de Beer) was ook albei in Jannas en nou is hulle kleinkinders Lané (gespeel deur Zurica van Heerden) en Johan (gespeel deur Ronoldo Pretorius) besig om hulle eie herinneringe in die skool te bou.

Dalèèn Nel en George Schmülling aan die einde van ‘n vrolike groepdans. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Jannas se revue was ‘n groot sukses en daar was in totaal vier optredes. Ons het uitstekende terugvoering gekry,” het Tamaryn Smith, organiseerder en skoolwoordvoerder gesê .

Daar was ballet en hip-hop, toneel, sang asook kitaar- en klaviersolo’s. Die stuk is spesiaal deur Ezel van der Walt geskryf, wat ook die spelers afgerig het. Die leerders het hulself terdeë geniet.

“Ons bedank elke leerder, ouer en onderwyser vir al die ondersteuning met die uitstekende produksie,” het sy bygevoeg.

Juanté van Tonder tydens ‘n dramatiese groepdans. Foto: Jaco-Mari Futcher

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button