Munisipaliteit se oplossing vir slaggate misluk

Talle slaggate in Greenhills is onlangs met rooi grond gevul, maar met die onlangse reën het alles weggespoel.

Die munisipaliteit se plan om slaggate met rooi grond te vul het misluk. So meen Ellik de Lange, DA-raadslid vir Wyk 6.

“Daar is verskeie redes waarom dit nie werk nie. Die wind waai en die reën spoel al die grond uit en dan is die slaggate steeds daar. Ek is baie ongelukkig hieroor, want die munisipaliteit sê gereeld dat hulle nie die finansies het om slaggate reg te maak nie, maar tog het hulle die finansies om vragte rooi grond van Senzele af te bring,” het hy gesê.

Daar is talle probleemstrate in Greenhill, maar die grootste probleem is die sloot by die kruising van Kenneth- en Homesteadlaan. Foto: Jaco-Mari Futcher

Daar is talle probleemstrate in Greenhill, maar die grootste probleem is die sloot by die kruising van Kenneth- en Homesteadlaan.

“Hierdie sloot het al twee ongelukke veroorsaak. Die bestuurders trek vinnig by die verkeerslig weg maar moet weer stadiger ry om deur die sloot te kom. ‘n Ander voertuig ry dan agter in hulle vas.”

Nog ‘n bekommernis is die teer wat uitgekap is en nog net so op die sypaadjies lê.

Die munispaliteit se plan om slaggate met rooi grond te vul het misluk, meen Ellik de Lange, DA-raadslid vir Greenhills. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Hulle is veronderstel om dit weg te ry en kan dit boonop weer gebruik,” het Ellik gesê. “Hulle los die hope teer op die sypaadjie en dan gebruik inwoners dit as ‘n vullishoop. Die een probleem lei na ‘n ander.”

Toe Ellik die munisipaliteit oor dié probleem gekontak het, was hul verweer dat hulle nie genoegsame fondse het vir ‘n meer permanente oplossing vir die slaggate in Greenhills nie.

Vir Ellik de Lange, DA-raadslid vir Greenhills is die teer wat uitgekap is en op die sypaadjies lê ‘n bekommernis. Foto: Jaco-Mari Futcher

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

Www free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version