Riebeeckrand vermaak met kultuurskok

Op 25 September is Randfontein se bejaardes met ‘n gratis vertoning bederf en op 27 September is daar ‘n toneel-tableau aangebied.

Hoërskool Riebeeckrand het vanjaar ‘n spoggerige kultuurskokvertoning aangebied.

“Die vertoning was uit die boonste rakke en is ‘n goeie vertoonvenster van die skool se talentvolle leerders en personeel. Die gehoor is meegevoer en deurentyd vermaak deur die groot verskeidenheid dans-, sang- en drama-items,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Maryke Biggs, Daniëlle Olivier en Minette Biggs tydens ‘n vertoning. Foto: Laikin Barnard

Randfontein se bejaardes is op 25 September met ‘n gratis vertoning bederf. Die skool se juniorraad het die tafels prentjiemooi gedek en die bejaardes met heerlike vingerhappies, koek en tee bedien waaraan hulle kon smul tydens die vertoning.

“Die leerders het soveel moeite gedoen en die bejaardes op hul hande gedra,” het sy gesê.

Op 27 September is daar ‘n toneel-tableau aangebied waartydens die twee toneelgroepe, Bomskok en Verlore Generasie, hul uitmuntende toneelstukke opgevoer het.

Anika Kotze, Daniëlle Olivier en Bridgette Basson tydens ‘n vertoning. Foto: Laikin Barnard

“Dié toneelgroepe het deur die loop van die jaar talle pryse ingepalm. Dit was ‘n besondere geleentheid vir ouers en ondersteuners, en daar word reeds met groot afwagting uitgesien na 2019 wanneer Riebeeckrand weer ‘n stampvol saal sal vermaak,” het Elzeri bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version